HB Skare, wat al sedert 1998 bestaan, het ‘n passie vir landbou en die volhoubaarheid daarvan. Hiermee het die begeerte ontstaan om ‘n groter rol in die bewaringsboerderytegnieke te speel. HB- Skare se doelwit is om betroubaarheid en langslewensheid van die produkte te verseker.
Vandag werk HB Skare daagliks saam met boere om innoverende praktyke te help vestig sodat bewaringslandbou bevorder kan word.
HB Skare se passie vir die uitdagings van boerdery het gelei tot ons aanhoudende begeerte om te verbeter. Ons streef om die beste kwaliteit teen bekostigbare pryse te verskaf.
Ons Bekende Handelsmerke
HB Skare vervaardig ‘n wye verskeidenheid van tungsten skare vir verskeie implemente. Kyk gerus na die reeks bekende Handelsmerke wat ons reeds voorsien. Kliënte met unieke behoeftes, is welkom om ons direk te kontak. Ons werk graag direk saam met die kliënt om hul behoeftes suksesvol op te los, en verseker terselfder tyd dat ons produkte van hoë gehalte is en verskeie toestande kan weerstaan. Al ons produkte word vervaardig met hoë kwaliteit staal. Kontak HB Skare direk vir meer inligting of navrae.
Kliente terugvoering
